top of page

AfriForum verwelkom ‘n hofbesluit oor Nersa en Eskom

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Dec 23, 2025
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak teen Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se poging om die kragvoorsiener se tariefgeskil agter geslote deure te skik.


Dit volg nadat ’n voorgestelde skikking van R54-miljard tussen die twee entiteite gepoog het om ’n fout in Eskom se toelaatbare inkomstebepaling reg te stel.


Die hof het Nersa se oorspronklike inkomstebesluit hersien en tersyde gestel. Die hof het bevind dat Nersa se inkomstebesluit onwettig en irrasioneel was én op wesenlike berekeningsfoute gebaseer was.


AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake, Morné Mostert, sê die uitspraak bevestig dat Nersa nie stilweg die regte van kragverbruikers kan onderhandel om homself van aanspreeklikheid te beskerm nie.


FOTO: ActionSA
FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page