Die regering wil die uitrol van internetnetwerke bespoedig

5 hours ago
1 min read
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, wil dit makliker en vinniger maak om elektroniese kommunikasienetwerke regoor die land uit te brei.
Malatsi het ’n beleidsvoorskrif hieroor aan die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) uitgereik.
Die voorskrif versoek Okosa om ’n sentrale geografiese inligtingstelsel-databasis van die land se elektroniese kommunikasie-infrastruktuur op te stel. Icasa moet ook die regulasies hersien wat bepaal hoe netwerkoperateurs infrastruktuur by mekaar huur.
Malatsi sê vertragings met die bou en uitbreiding van netwerke bly ’n groot struikelblok vir bekostigbare, hoëspoed-internetverbinding in Suid-Afrika.









Comments