top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum voel skokonthulling noodsaak hervorming van SAPD se opleidingsprogram

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Volgens AfriForum het die uitbetalings van eise, vir onregmatige inhegtenisname deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vir die duur van voormalige Polisieminister, Bheki Cele, se termyn vanaf 2018 tot Junie 2024,  meer as R2,4 miljard beloop. Hulle voeg by dat daar in 2023/2024 alleen uitbetalings van minstens R600-miljoen gemaak is. Vergeleke met uitbetalings wat in 2018/2019 gemaak is, kom die afgelope jaar s’n neer op ’n toename van nagenoeg 70%. AfriForum hou vol dat dié skokonthulling die dringende hervorming van die SAPD se opleidingsprogramme en -praktyke nou noodsaak.

 
 
 

Comments


bottom of page