AfriForum vra beter dienslewering in die Mangaung-metro
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 22
- 1 min read
AfriForum se Bloemfontein-tak vra dat die Mangaung-metro sy begroting sterker op basiese dienslewering en infrastruktuur fokus.
Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring meer geld moet gebruik word vir die herstel en instandhouding van onder meer paaie, water-, riool- en elektrisiteitsinfrastruktuur.
AfriForum sê inwoners behoort nie die gevolge van swak beplanning en onvoldoende instandhouding te dra nie.
Die organisasie vra ook dat inwoners wat van private vullisverwyderingsdienste gebruik maak, nie steeds volle munisipale tariewe daarvoor moet betaal nie.
Volgens AfriForum moet die metro gemeenskapsorganisasies en private diensverskaffers erken waar hulle reeds help om gapings in dienslewering te vul.
Die organisasie se kommentaar vorm deel van insette oor Mangaung se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan.








Comments