AfriForum vra vir gratis tydelike bestuurslisensies
- Armando Pieters

- Jun 18
- 1 min read
AfriForum vra dat tydelike bestuurslisensies gratis uitgereik word.
Die burgerregteorganisasie het die minister van vervoer, Barbara Creecy, hieroor genader te midde van die agterstand in die uitreiking van bestuurslisensiekaarte omdat die land se enigste lisensiekaartdrukker in die afgelope vier jaar meer as 130 dae buite werking was.
LEES MEER:
Maroela Media berig AfriForum se standpunt is dat wetsgehoorsame motoriste wat betyds aansoek doen om die hernuwing van hul lisensies, maar weens probleme met die drukker nou genoodsaak word om tydelike lisensies uit te neem, as’t ware “beboet” word.
Na bewering het verskeie organisasies al werkbare oplossings voorgestel – soos om die geldigheidstydperk van lisensiekaarte te verleng – maar die departement hou hom glo tot dusver doof.





Comments