AfriForum vra vir 'n ondersoek sonder politieke inmenging na Sello More
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 18 minutes ago
- 1 min read
AfriForum sê die ondersoek na bewerings van finansiële wanbestuur, wanadministrasie en bestuursmislukkings teen die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, moet vry van politieke inmenging wees.
Die organisasie sê die ondersoek moet ook binne die voorgeskrewe tyd afgehandel word en die bevindinge moet openbaar gemaak word.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Mangaung-metroraad het die DA se versoek aanvaar om 'n dissiplinêre proses teen More te begin en dat 'n onafhanklike ondersoeker binne sewe dae aangestel moet word.
Die besluit volg op bewerings teen More en bevindings in 'n verslag van die ouditeur-generaal.
AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, sê dissiplinêre optrede en moontlike verwysing na wetstoepassingsowerhede moet volg indien wangedrag bevestig word.








Comments