AfriForum vra vir permanente brandstofheffingverlaging
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, versoek om die tydelike brandstofheffingverlaging permanent te maak of dit ná 1 Julie te verleng.
Die organisasie sê die beëindiging van die verligting soos beplan sal hernieude druk op verbruikers, besighede en die ekonomie plaas terwyl wêreldwye oliepryse wisselvallig bly.
AfriForum se Ernst van Zyl voer aan dat voortgesette spanning in die Midde-Ooste verdere brandstofprysskokke kan veroorsaak en sê dat die verlenging van die heffingsverlaging Suid-Afrikaners sal help beskerm teen stygende vervoer- en lewenskoste.
LUISTER HIER:
Ernst van Zyl








Comments