top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum waarsku boere teen ’n verhoogde veldbrandrisiko

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, doen ’n beroep op grondeienaars, boere en landelike gemeenskappe om voor te berei vir ’n verhoogde veldbrandrisiko hierdie winter. Die huidige veldbrandseisoen duur voort tot Augustus.


Die organisasie sê voorspellings van die Nasionale Rampbestuursentrum dui op hoë tot medium-hoë brandgevaar in dele van Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng, Limpopo en Noordwes.


AfriForum se Tarien Cooks het grondeienaars aangemoedig om brandpaaie in stand te hou, brandbare plantegroei te verwyder, te verseker dat brandbestrydingstoerusting gereed is en waarskuwings wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik word, te volg.


Ter illustrasie. FOTO: Fidelity Securefire
Ter illustrasie. FOTO: Fidelity Securefire

 
 
 

Comments


bottom of page