AfriForum wil die polisieminister hul buurtwagpatrollies wys
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, formeel genooi om aan een van die organisasie se buurtwagpatrollies deel te neem.
Die organisasie sê hulle wil wys hoe hul 177 buurtwagstrukture landwyd die Suid-Afrikaanse Polisiediens op ’n gestruktureerde en wettige wyse ondersteun.
Die hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, Jacques Broodryk, sê dat beter samewerking tussen gemeenskappe en die polisie misdaadvoorkoming kan versterk en vertroue kan verbeter.
LUISTER HIER:
Jacques Broodryk







Comments