top of page




Dringende ingryping by lewensgevaarlike Bloem-paaie word geëis
Die toestand van Bloemfontein se pad- en verkeersinfrastruktuur hou ’n ernstige gevaar vir padgebruikers en voetgangers in. Inligting wat van AfriForum ontvang is, dui daarop dat die wye voorkoms van slaggate, onwerkende verkeersligte en dowwe padmerke, saam met gebrekkige instandhouding, die stad se paaie in ’n kritieke toestand dompel. Die organisasie sê motoriste moet daagliks vir slaggate uitswaai, wat die risiko van ongelukke verhoog, terwyl swak sigbare padmerke en wanf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Studente rol moue hul moue op
Studente het hand bygesit om 20 slaggate in Groenewoudstraat in Bloemfontein te herstel. Die straat is ’n belangrike roete vir inwoners van die Amelia Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis. Volgens ’n mediaverklaring het AfriForum Jeug se Kovsies-tak kragte saamgesnoer met die burgerregteorganisasie se Bloemfontein-tak, en is die projek deur die konstruksiemaatskappy Raubex ondersteun, wat materiaal en hulpbronne verskaf het. Die primarius van Veritas Manskoshuis Heinard Stroeb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


‘n Vrou in Wilgehof is glo met ‘n vuurwapen gedreig
AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het vinnig opgetree ná ’n noodoproep oor ’n vrou wat vermoedelik met ’n vuurwapen op ’n perseel in Bidwellstraat, Wilgehof, gedreig is. Volgens ‘n mediaverklaring is die reaksie-eenheid en die polisie onmiddelik na die toneel ontbied. Dit het aanvanklik geblyk dat die verdagte nie meer in besit van die vuurwapen is nie, maar inligting van ander inwoners het egter aangedui dat die wapen moontlik op die perseel versteek is. Die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Veiligheidsrisiko’s op Bloemfontein-vullisterreine kort nóú aandag
AfriForum eis dat die Mangaung-metro dringend optree om veiligheidsrisiko’s by die noordelike en suidelike vullisterreine in Bloemfontein aan te spreek. Dit volg nadat die organisasie reeds in September verlede jaar twee strafregtelike sake teen die metro aanhangig gemaak het oor die bestuur van die terreine. Die organisasie betwis ook die metro se ontkenning dat georganiseerde bendes, soos die sogenaamde Born to Kill (BTK)-bende, op die vullisterreine teenwoordig is. Tydens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 7


AfriForum verwyder meer as 100 ton vullis in Bloem
AfriForum se vullisverwyderingsinisiatief het tonne vullis gedurende Januarie en Februarie vanjaar uit verskeie gemeenskappe in Bloemfontein verwyder. Volgens die organisasie is sowat 107 ton vullis in dié tydperk verwyder, terwyl spanne byna 4 000km afgelê het om skoonmaakaksies in woonbuurte en openbare ruimtes te ondersteun. AfriForum sê in ‘n mediaverklaring die inisiatief is deel van pogings om gemeenskappe skoner en veiliger te hou. Die organisasie se distrikskoördineer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 4


‘n Jongklomp pak padveiligheid by Bloem-skole aan
AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het onlangs verskeie projekte aangepak om pad- en leerderveiligheid by skole in die stad te verbeter. Voetoorgange is by Laerskool Sand du Plessis oorgeverf, terwyl die voetoorgange en stopstraat-merke by Hoërskool Sand du Plessis ook opgeknap is. Om padveiligheid te bevorder is vier slaggate in Mayostraat ook herstel. Volgens die organisasie vorm die inisiatief deel van ’n breër poging om gemeenskapsveiligheid deur praktiese selfdoenaksies

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 26


AfriForum wil die polisieminister hul buurtwagpatrollies wys
Die burgerregteorganisasie AfriForum het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, formeel genooi om aan een van die organisasie se buurtwagpatrollies deel te neem. Die organisasie sê hulle wil wys hoe hul 177 buurtwagstrukture landwyd die Suid-Afrikaanse Polisiediens op ’n gestruktureerde en wettige wyse ondersteun. Die hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, Jacques Broodryk, sê dat beter samewerking tussen gemeenskappe en die polisie misdaadvoo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


AfriForum eis die herprioritisering van Bloem se besteding
Die AfriForum-takke in Bloemfontein doen ’n dringende beroep op die Mangaung Metro Munisipaliteit om besteding te herprioritiseer ten gunste van basiese dienslewering. Luidens ‘n mediaverklaring volg dit te midde van volgehoue agteruitgang in vullisverwydering, water- en padinstandhouding en kragvoorsiening. Die organisasie beweer die metro ken steeds hulpbronne toe aan sekondêre projekte, waaronder die beplande heropening van die Bloemfontein-dieretuin, terwyl kritieke infra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


AfriForum keer 'n vermeende inbreker aan
’n Vrou is ná ’n beweerde poging tot inbraak op die hoek van Skimmel- en Dapperstraat in Fleurdal aangekeer. Volgens AfriForum Bloemfontein is ’n klagte van die AfriForum Fleurdal Noodgroep ontvang oor persone wat glo toegang tot ’n perseel probeer verkry het. AfriForum911 se Reaksie-Eenheid S1 en die plaaslike buurtwag het gereageer, met bystand van Fidelity ADT. Die organisasie sê ’n vrou is met behulp van die polisie se blitspatrollie-eenheid op die toneel aangekeer. Sak

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


‘n Massapatrollie in Bloem bring hoop vir kinders
Gemeenskapslede in Bloemfontein het saamgespan in ʼn massapatrollie ter ondersteuning van kinders wat met kanker gediagnoseer is. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die inisiatief, wat vyf jaar gelede deur AfriForum Uitsig Buurtwag en CHOC begin is, gegroei tot ʼn sterk boodskap van hoop en eenheid. Verskeie veiligheidsdienste, mediese nooddienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag deelgeneem, terwyl die Bloemfontein Scottish Bagpipe Band vir ʼn besondere atmo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12
bottom of page

