top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum wil eenduisend bome in September plant

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 5, 2024
1 min read

Die burgerorganisasie AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak. Hulle het vanjaar se projek in Bronkhorstspruit in Gauteng afgeskop deur vrugtebome by die Eden Gemeente te plant. AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, Marais de Vaal, sê gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke. Die organisasie spoor gemeenskappe en sy takke aan om self verantwoordelikheid te neem vir die beskerming en bewaring van hul omgewing.

 
 
 

Comments


bottom of page