Afrika-leiers moet verantwoordelikheid vir hul mense neem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 22
- 1 min read
Die Forum vir Suid-Afrika, Fosa, sê Afrika-leiers moet meer doen om toestande te skep waarin mense in hul eie lande kan floreer.
Die burgerlike organisasie meen beter regering, minder korrupsie en groter ekonomiese geleenthede kan help om migrasie-uitdagings regoor die vasteland aan te spreek.
Fosa voer aan dat baie mense hul tuislande verlaat omdat hulle elders beter geleenthede en sekuriteit soek.
Die organisasie doen ook 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om immigrasiewette konsekwent toe te pas.
Volgens Fosa se Tebogo Mashilompane kan langtermyn-oplossings slegs bereik word wanneer regerings verantwoordelikheid neem vir die welstand van hul burgers en volhoubare geleenthede in hul eie lande skep.








Comments