top of page

Afrika se groot vyf-verskynsels lok sterrekykers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Sterrekykers oor die wereld heen wat na die groot vyf-verskynsels in die Afrika-hemelruim soek, word na Suid-Afrika met sy oop, skoon lug gelok. Netwerk24 berig ‘n groep van 40 sterrekykers het onlangs by die plaas Onze Rust, suid van Bloemfontein, saamgetrek om by die Sterland-sterrewag na dié skate in die hemelruim te soek. Die digitale bestuurter van die Bloemfonteinse Naval Hill-digitale Planetarium, Matie Hoffman, en Colin Steyn het die groep met behulp van drie teleskope gehelp om die verskynsels te vind. Volgens Hoffman is Suid-Afrika ‘n uitstekende bestemming vir ernstige- en amateur-sterrekunidges asook sterrekunde-toeriste. Dit aangesien daar heelwat kundiges beskikbaar is wat aan die Sterrekundige vereniging van Suid-Afrika behoort.

 
 
 

Comments


bottom of page