top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Afrika verenig teen beroertes

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

Om pogings te versterk om beroertes regoor Afrika te voorkom, te behandel en te rehabiliteer, word die Wêreldberoerteberaad Afrika in Johannesburg aangebied.


Volgens die Departement van Gesondheid bring die beraad Donderdag en Vrydag beleidmakers, klinici, navorsers en internasionale kundiges bymekaar.


Dit volg nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie beroerte as 'n wêreldwye gesondheidsprioriteit erken het.


Die minister van Gesondheid, dokter Aaron Motsoaledi, sal na verwagting die hooftoespraak lewer.


Wêreldwye beroertegevalle sal na verwagting teen 2050 met 50% toeneem, en daarom fokus die beraad op die verbetering van beroertevoorkoming en -sorg regoor Afrika.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page