top of page

Afrikaans is onder druk, maar kan met ingrypings versterk word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Afrikaans is in verskillende domeine onder druk, maar dit kan met die nodige strategiese ingrypings versterk en uitgebou word.

Dit is die gevolgtrekking nadat 2 000 Afrikaanssprekende mense van regoor Suid-Afrika aan navorsing van die Afrikaanse Taalraad (ATR) deelgeneem het. 'n Omvattende verslag oor die navorsing is Vrydag bekend gemaak.

Die uitvoerende hoof van die ATR, Conrad Steenkamp, sê die studie het enersyds alle variëteite van Afrikaans in ag geneem, en wil andersyds die weg vir soortgelyke studies in ander inheemse tale baan.

Maroela Media berig Afrikaans is die eerste Suid-Afrikaanse taal wat só 'n deeglike studie doen, en daar word gekyk na hoe hierdie studie binne ander taalgemeenskappe gedupliseer kan word.

As dit vir al die taalgroepe gedoen word, kan ʼn inklusiewe vorm van meertaligheid nagestreef word, waar Engels nie vooropgestel word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page