top of page

'Afrikaans-onderrig moet staak'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 13
  • 1 min read

Die onderrig van Afrikaans, buiten in die module Afrikaans, MOET VANDAG END KRY.”

So sê die Universiteit van die Vrystaat (UV) se adjunkvisekanselier vir akademie, Anthea Rhoda. Volgens Netwerk24 het sy dit in ‘n e-pos op 27 Maart vanjaar aangestuur.

In die e-pos sê Rhoda dit het aan die lig gekom dat daar dosente is wat modules in Afrikaans onderrig in vakke anders as die vak Afrikaans.

Sy skryf daar is dosente wat selfs eksamenvraestelle in Afrikaans en Engels opstel.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê dié e-pos is aan alle dekane gestuur nadat die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys die universiteit op 24 Maart besoek het.

Loader wys daarop dat die taalbeleid dit duidelik stel dat lesings, studiemateriaal, eksamen- en verwante materiaal in Engels sal wees, behalwe in dissiplines waar tale anders as Engels as studievakke onderrig word of vir onderrig- en assesseringsdoeleindes gebruik word.

 
 
 

Comments


bottom of page