top of page

Afrikaans sal deel van UV bly

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê Afrikaans is ‘n taal van die universiteit – en sal een bly.

Dit kom nadat die UV en die adjunkvisekanselier vir akademie, Anthea Rhoda, sedert Vrydag onder hewige kritiek deurgeloop nadat ‘n e-pos oor die gebruik van Afrikaans aan die lig gekom het.

Sonder enige direkte verwysing na Rhoda se e-pos sê UV-woordvoerder, Lacea Loader, in ‘n verklaring die bevordering van Afrikaans is net so belangrik soos dié van Suid-Sotho, Suid-Afrikaanse Gebaretaal, Zoeloe en Engels. Die verklaring is in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho gepubliseer.

LEES MEER: 

In die omstrede e-pos het Rhoda in rooi geskryf, “Die onderrig van modules in Afrikaans, buiten in die module Afrikaans, MOET VANDAG END KRY!”

 
 
 

Comments


bottom of page