top of page

‘Afrikaans word bedreig deur Afrikaanse kinders wat na Engelse skole toe gaan’

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 22
  • 1 min read

Afrikaans word bedreig deur Afrikaanse ouers wat dink hulle kinders is beter af in Engels, en hul kinders dan in Engelse skole plaas.

So het 'n dosent aan die sentrum vir onderrig en leer aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Anneen Church, die naweek in ’n gesprek oor Afrikaans se toekoms in Bloemfontein gesê. Die gesprek was deel van die Free State Uncovered-toerismedag by die Oorlogsmuseum.

Sy het gesê die moedertaal is die basis van al die ander taalvaardighede. In daardie opsig is die grootste bedreiging vir Afrikaans waarskynlik, na haar mening, ouers wat dink hul kinders is beter daaraan toe in die wêreld met Engels as ’n eerste taal.

Netwerk24 berig die nasionale adjunkkoördineerder van die Afrikaans 100-organisasie, René Arendse, sê ons kan trots wees dat ons taal van ’n kombuistaal tot ’n universiteitstaal gevorder het.

 
 
 

Comments


bottom of page