top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Afrikaanse kunstenaars bring hulde aan die Groot Trek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 9
  • 1 min read

Drie bekende Afrikaanse kunstenaars het hande gevat om met ’n nuwe lied hulde te bring aan die Voortrekkers en die geskiedenis van die Groot Trek.


Volgens Maroela Media het Pieter Smith die lied Die Ossewa geskryf as ’n eerbetoon aan die mense wat in 1838 die Drakensberge oorgesteek het op soek na ’n nuwe toekoms.


Hy het Fatman en Ichnus genader om saam aan die projek te werk.


Die kunstenaars sê die lied fokus op die moed, opoffering en deursettingsvermoë van die voortrekkers, temas wat vandag steeds relevant is.


Dit is die eerste keer dat die drie saam aan ’n lied werk, en hulle beskryf die samewerking as ’n besonderse en verrykende ervaring wat hulle hoop om weer te herhaal.


SKERMGREEP: Die Ossewa 
SKERMGREEP: Die Ossewa 

 
 
 

Comments


bottom of page