'Afrikaanse kykers word nie die nodige respek betoon nie'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 13
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Uitstaaikorporasie (SAUK) kan nie eens Afrikaanse kykers die nodige respek betoon deur net altyd die Afrikaanse nuusbulletin in ‘n vaste tydgleuf uit te saai nie. Netwerk24 berig dit is volgens VF-Plus-LP, Heloise Denner, tydens die debat oor die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie se begrotingsrede. Denner voeg by die SAUK kla oor tanende advertensie koste, maar sy vra watter adverteerder sal belê in advertensies by ‘n instansie wat sy bes doen om ‘n spesifieke teikenmark te vervreem en weg te jaag. Die departement se minister Solly Malatsi sê die departement het R7.8 miljard vir die volgende drie jaar gekry. Van die het die SAUK R704 miljoen ontvang. Hy voeg by ‘n versoek om voorstelle is ook uitgereik om ‘n meer volhoubare finansieringsmodel vir die uitsaaier te ontwikkel.





Comments