Afrikaanse TV-nuusbulletins is eersdaags weer terug

Apr 8, 2025
1 min read
Afrikaanse TV-nuusbulletins sal volgende naweek soos normaal terugkeer. Dit volgens die ANC-studiegroep van kommunikasie en digitale tegnologie. Die groep sê in 'n mediaverklaring hulle het met kommer kennis geneem van die onlangse ophef, waar die Afrikaanse TV-nuusbulletins die afgelope naweek sonder enige waarskuwing of verduideliking verdwyn het. Hulle het hierdie kwessie met SABC geopper en is ingelig dat dit 'n oorsig en 'n skeduleringsfout was. Die groep sê hulle aanvaar ‘n fout is gemaak, en sien uit daarna dat hierdie oorsig regstel word.








Comments