top of page

Afrikaner-afvaardiging se VSA-besoek is suksesvol

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 26
  • 1 min read

Die Afrikaner-afvaardiging wat tans op besoek aan die VSA is het ʼn gesamentlike verklaring uitgereik wat sê dat Amerika steeds teen sekere Suid-Afrikaanse regeringsbeleide gekant is. Die leier van die VF Plus, Corné Mulder; voorsitter van die landbouorganisasie Saai, Theo de Jager; en uitvoerende hoof van die vakbond Neasa, Gerhard Papenfoes is hierdie week in die VSA. Sake soos landelike veiligheid en plaasaanvalle, die sing van die lied Kill the Boer, Kill the Farmer en sekere regeringsbeleide is glo steeds hoog op die Trump-administrasie se agenda. Papenfoes sê die regering se beleid van grondonteiening sonder vergoeding en Swart Ekonomiese Bemagtiging het ook onder skoot gekom.

 
 
 

Comments


bottom of page