Afrikaners en hul ope brief is as nuttige idiote bestempel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 3
- 1 min read
'n Groep van 44 prominente Afrikaners én hul ope brief is deur ander prominente Afrikaners as "nuttige idiote" bestempel.
Maroela Media berig dit kom nadat dit gister bekend geword het dat ʼn senior staatsamptenaar by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ʼn sentrale rol in die daarstel van dié brief gespeel het.
Rapport berig ene Karen Burger het die konsep van die verklaring opgestel, en ʼn groep Afrikaners, onder wie Piet Croucamp, Max du Preez, Pierre de Vos en Ruda Landman, in haar private hoedanigheid genader om dit te onderteken.
Burger werk tans in die kantoor van Dirco. Sy het ook onlangs nog in die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington gewerk. Volgens 'n betroubare bron is Burger die mees senior Afrikaansprekende spioen in die Staatsveiligheidsagentskap.
In die ope brief verwys die groep van 44 na hulself as Afrikaners en verwerp hulle die sogenaamde narratief waarin Afrikaners as slagoffers van rassistiese vervolging in post-apartheid-Suid-Afrika uitgebeeld word.






Comments