top of page

Afrikaners werf al hoe meer steun vanuit die buiteland

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 42 minutes ago
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in Europa steun gewerf vir sy “Die wêreld moet weet”-veldtog.

 

Die organisasie het die afgelope week voorleggings aan lede van die Europese Parlement in Brussel, asook gesprekke met verteenwoordigers van die Nederlandse Tweede Kamer en die Vlaamse parlement gehou.

 

Die organisasie het dokumente oorhandig wat kwessies uitlig soos plaasmoorde, die Onteieningswet, druk op private eiendomsreg en toenemende beleide wat, volgens AfriForum, minderhede in Suid-Afrika nadelig raak.

 

Die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl, sê die veldtog poog om groter internasionale aandag vir menseregtekwessies in Suid-Afrika te verseker.

LOGO: Facebook
LOGO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page