Afsonderlike gevalle van wangedrag by skolerugby word ondersoek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Ondersoek gaan ingestel word na die twee afsonderlike gevalle wangedrag op skolerugbyvelde die afgelope naweek in hul onderskeie provinsies.
Volgens News24 was eerstespanspelers van die Hoërskool Dr EG Jansen van Boksburg in 'n bakleiery met toeskouers betrokke nadat dié hulle glo getart het tydens hul Noordvaalbekerwedstryd teen die Hoërskool Menlopark van Pretoria. Tydens 'n skolederby in Kaapstad tussen die Hoërskool Fairmont van Durbanville en die Hoërskool The Settlers van Bellville is 'n wedstrydbeampte glo oor radiokommunikasie gehoor waar hy sê die K-woord is tydens die wedstryd gebruik.
Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se kommunikasiedirekteur, Bronagh Hammond, sê hulle het reeds ingegryp waar nodig en sal voortgaan om dit te doen totdat rassisme uit alle skole uitgeroei is.
Gauteng se LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, versoek alle partye om die dissiplinêre en ondersoekprosesse sonder inmenging of bespiegeling hul verloop te laat neem.








Comments