top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aftree-tweepotstelsel al meer as 72 000 eise verwerk

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 24, 2024
1 min read

Sanlam hoop dat die opvoedingsveldtogte lede sal help om die langtermyn-impak op hul aftreespaargeld te verstaan. Dit nadat meer as 72 000 eise ter waarde van R1.4-miljard onder die aftree-tweepotstelsel verwerk is. Volgens Anna Siwiak, die hoof van Sanlam Umbrella Solutions was daar ‘n oplewing van sewe-duisend daaglikse eise in die eerste week, wat sedertdien afgeneem het. Die wysigingswet op die pensionfonds wat vir die tweepot-stelsel voorsiening maak, is in Julie deur Cyril Ramaphosa onderteken, en gee mense goegang tot spaargeld uit hulle pensionfonds – sonder om te bedank. Meeste van die ontrekkers het glo van die geld gebruik vir lewenskostes en om skuld af te betaal.

 
 
 

Comments


bottom of page