top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AGOA: Verlenging waarborg nie dat SA daarby sal baat nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 17
1 min read

Die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van die verlenging van die African Growth and Opportunity Act (AGOA) tot 2028 waarborg nie dat Suid-Afrika sal voortgaan om daarby baat te vind nie.


Veranderinge kan voor Januarie 2027 aan die lys van deelnemende of kwalifiserende lande aangebring word.


Business Tech berig die hoofekonoom van Agribiz, Wandile Sihlobo, sê ook die verlenging is nog nie finaal nie, aangesien daar nog minstens twee stappe is voordat dit afgehandel is. Volgens hom is dit dalk weens hierdie laaste paar stappe wat nog moet plaasvind, effens te vroeg om fees te vier, maar hy beskryf die verlenging van AGOA steeds as waarskynlik.


Sihlobo voeg by die waarskynlike hernuwing van AGOA en Suid-Afrika se moontlike voortgesette insluiting is 'n positiewe stap sodat die landboubedryf op dieselfde vlak as ander belangrike landbou-uitvoerders na die Amerikaanse mark kan meeding.


Ter illustrasie. FOTO: Joburg Etc.
Ter illustrasie. FOTO: Joburg Etc.

 
 
 

Comments


bottom of page