Drie is in hegtenis geneem nadat twee renosters in Boshof doodgeskiet is

56 minutes ago
1 min read
Drie vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem nadat twee witrenosters op ’n plaas naby Boshof in die Vrystaat doodgeskiet is.
Die polisie sê twee verdagtes is betrap terwyl hul glo die horings van die diere verwyder het.
Die derde verdagte, wat vermoedelik hul bestuurder is, is in Kimberley in hegtenis geneem.
Polisiebeamptes het twee renosterhorings teruggevind en beslag gelê op ’n geweer, ammunisie, messe, ’n handsaag en ’n voertuig as bewysstukke.









Comments