top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vermeende veedief is in die Vrystaat aangekeer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
1 hour ago
1 min read

’n Man is in Winburg in hegtenis geneem nadat tien Bonsmara-kalwers ter waarde van R150 000 in ’n sleepwa gevind is.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana is die polisie ontbied nadat ’n boer tydens ’n roetinekontrole op sy plaas bandspore opgemerk het en gesien het dat van sy kalwers verdag naby die hek gestaan het. Hy het ook ’n wit bakkie sien wegry en die polisie en private sekuriteit in kennis gestel.


Die bakkie is voorgekeer en deursoek, waarna die kalwers in die sleepwa deur die boer uitgeken is. Daar is op die bakkie en sleepwa beslag gelê.


Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Winburg-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page