top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Agripreneur Farmers Institute help om die plaaslike uitbraak van Afrika perdesiekte te bestuur

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 27, 2025
1 min read

Die Agripreneur Farmers Institute werk onvermoeid saam met Blind.love.africa om die uitbraak van Afrika Perdesiekte in die Vrystaat te bestuur. Met gevalle wat in Thaba Nchu, Botshabelo en Koffiefontein aangemeld is, doen dié boere-instituut ‘n beroep op perde eienaars om waaksaam te wees en gereeld hulle perde te ondersoek. Die Agripreneur Farmers Institure sê in ‘n plasing op sosiale media die dodetal as gevolg van die siekte styg daagliks in ander provinsies. Afrika perdesiekte is ‘n dodelike virussiekte wat onder perde, donkies en muile voorkom. Dit word deur muggie-byte veroorsaak en kan ernstige simptome soos koors, swelling van die oë en bene asook koliek tot gevolg hê. Die siekte kan ook veroorsaak dat perde moeilik asemhaal en in sommige gevalle vrek.

 
 
 

Comments


bottom of page