top of page

AgriSA waarsku oor die impak van die minimumloon op voedselsekerheid

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die landbou-organiasie AgriSA sê in ʼn verklaring dit neem kennis van die Nasionale Minimumloonkommissie se voorstel om die minimumloon in 2026 met verbruikersprysinflasie plus een-komma-vyf persent te verhoog.

 

Die organisasie sê enige verhoging moet die landbousektor se kwesbare toestand in ag neem, ná jare van droogte, siekte-uitbrekings en stygende insetkostes.

 

AgriSA waarsku dat hoër arbeidskoste produsente onder druk plaas, veral uitvoerbedrywe wat reeds met hoë vragkoste en infrastruktuurprobleme worstel.

 

Die organisasie sê dit sal voortgaan om vir beleid te pleit wat werkers se welsyn én voedselveiligheid en landelike werk beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page