top of page

Die regering verwelkom die daling in armoedevlakke

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het statistieke verwelkom wat ‘n daling in armoedevlakke in die land toon.


Volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste armoedetendensverslag was daar ‘n afname van 19-komma-ses persent in armoede tussen 2006 en 2023. Die regering sê die afname is ‘n beduidende stap vorentoe in die stryd teen armoede.


Daar is steeds meer as 23-miljoen Suid-Afrikaners wat onder die broodlyn leef. Die regering sê dit is daartoe verbind om voort te gaan met pogings om armoede te beëindig.


Ter illustrasie. FOTO: RJ Baculo/Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: RJ Baculo/Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page