Die nuwe minimumloon-aanbeveling word bevestig
- Saamgestel deur Jana Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die aanbeveling vir die nuutste minimumloon bevestig.
Die Nasionale Minimumloonkommissie het die aanbeveling vroeër hierdie week uitgereik voordat dit teruggetrek is.
Die kommissie sê nou die aanbeveling staan op inflasie plus ‘n een-komma-vyf persent verhoging tot die minimumloon.
Lede van die publiek sal nou die geleentheid hê om kommentaar te lewer op die aanbeveling.
Die verhoging in die minimumloon sal in Maart volgende jaar in werking tree.






Comments