Airlink staak vlugte tussen die OR Tambo-lughawe en Lesotho
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 6, 2025
- 1 min read
Airlink het aangekondig dat hulle hul daaglikse vlugte tussen Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe en Maseru, Lesotho, opgeskort het.
SABC News berig dit is volgens Airlink weens ‘n gebrek aan bruikbare brand- en reddingstoerusting by die Moshoeshoe Internasionale Lughawe.
Volgens die lugrederyn sal normale dienste eers hervat word sodra die lughawe-operateur by Moshoeshoe Internasionale Lughawe die gereguleerde noodreaksievermoëns herstel het.
Hulle raai kliënte wat moet reis aan om by Airlink of hul reisagente die status van hul vlugte te bevestig.







Comments