Aksielegende Chuck Norris is oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die bekende aksiefliekster Chuck Norris is in die ouderdom van 86 oorlede.
BBC News berig in ’n verklaring sê sy familie hy was vir die wêreld ’n simbool van krag en ’n legendariese gevegskunstenaar, maar vir hulle ’n toegewyde eggenoot, pa en oupa.
Norris, wat in 1940 in Oklahoma gebore is, het eers in die Amerikaanse Lugmag gedien voordat hy bekendheid verwerf het as ’n kampioen in gevegskuns, met verskeie swartgordels op sy naam.
Hy het in 1972 internasionaal deurgebreek met sy rol in Way of the Dragon saam met Bruce Lee, en het later in rolprente soos Delta Force en Missing in Action gespeel.
Hy was ook bekend vir sy rol as Cordell Walker in die gewilde televisiereeks Walker, Texas Ranger.
Hy word oorleef deur sy vrou en vyf kinders.








Comments