Al minder mense slaag hul leerlinglisensietoets
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 9
- 1 min read
Die Padverkeersbestuurskorporasie het onthul dat die persentasie mense wat die leerlingbestuurderstoets slaag, van 68% tot 40% gedaal het. Dit is te danke aan die gerekenariseerde leerlinglisensietoetsstelsel.
Die Padverkeersbestuurskorporasie sê die bekendstelling van die stelsel in 2021 regoor die land toon belowende tekens van die vermindering van die aantal leerlinglisensies wat bedrieglik uitgereik word.
Dit sê sommige amptenare het in die verlede leerders bedrieglik met antwoorde gehelp.








Comments