top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Alle inwoners van Brandwag-eenhede sal geverifieer word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 6, 2024
1 min read

Die Brandwag Maatskaplike Behuisingsprojek in Mangaung Metro Munisipaliteit was oorspronklik beplan om 'n baken van hoop te wees, en om bekostigbare behuising en 'n veilige omgewing vir Mangaung-inwoners te lewer. Volgens ‘n media verklaring van die DA vroeër die jaar het hierdie visie weens wanbestuur en toesigmislukkings begin wankel. Dit het baie inwoners sonder die veilige huise, wat hulle broodnodig het, gelaat. Die Mangaung Metro Menslike Nedersettings direktoraat het n kennisgewing uitgestuur dat hulle nou 'n verifikasieproses, van alle huurders in die Brandwag-eenhede, sal begin. Dit vind vanaf 16:00 Maandagmiddag plaas. Inwoners sal onderandere hulle ID's, geboortesertifikate asook ‘n beëdigde verklaring vir inkomste moet voorlê.  Hulle sal ook vereis word om ‘n volledige aansoekvorm in te vul. Die verifikasieproses sal van deur-tot-deur gedoen word en tydens die proses sal geen nuwe huurders toegelaat word om die woonstel te betree totdat die verifikasie voltooi is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page