top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Alle Landbou Departemente in Bloemfontein onder een dak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 6, 2024
1 min read

Die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het al nege Provinsiale Departemente van Landbou onder een dak bymekaargebring. Die vier-dae-lange kwartaalprestasie-oorsigvergadering word by die Philip Sanders Oord in Bloemfontein gehou, met die doel om die provinsies se terugvoer oor voorwaardelike toelaes wat kleinboere ondersteun te verifieer, asook om te monitor of hul goedgekeurde sakeplanne soos plan verloop. Volgens die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling bied dit ook ‘n platvorm om ervaring, voorligting en adviensdienste te deel. Die afgevaardigdes sal sommige van die projekte wat deur die Omvattende Landbou-ondersteuningsprogram en Ilime/letsema ondersteun is besoek.

 
 
 

Comments


bottom of page