top of page

Alle landbouverwante misdade moet getel word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 23
  • 1 min read

Vrystaat Landbou (VL) het ‘n dringende beroep op die polisieministrie gedoen om plaasaanvalle en -moorde apart by die bekendmaking van misdaadsyfers uit te wys. Volgens Netwerk24 vra die landbouorganisasie ook dat alle ernstige geweldsmisdade wat huishoudings in landelike gebiede ook weerspieël word. Dit aangesien dit tans blyk dat die ware omvang van die misdade nie duidelik uit die statistieke na vore kom nie. Die reaksie volg op die waarnemende minister van polisie se onlangse opmerking dat ‘boere nie sistemies deur misdaad geteiken word nie’. Die VL sê hierdie misdade het ‘n ingrypende invloed op boere, hul gesinne en werknemers sowel as op die volhoubaarheid van hul boerderye.  

 
 
 

Comments


bottom of page