top of page

Alternatiewe inkomste-opsies vir die BTW-verhoging sal ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7
  • 1 min read

Die Nasionale Tesourie sal tot einde April hê om alternatiewe inkomste-opsies vir die voorgestelde nul-komma-vyf persent BTW-verhoging te ondersoek. Dit volgens President Cyril Ramaphosa na aanleiding van ‘n ANC-byeenkoms in Johannesburg. Die begroting het ‘n nie-bindende voorstel vir die Tesourie ingesluit om ander maniere te vind om die geraamde 28-miljard rand in te samel sodra die BTW-verhoging op 1 Mei in werking tree. Ramaphosa sê die Tesourie sal na maniere kyk om te sien of dit moontlik is of nie. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page