Amanda Strydom mis die Kunstefees weens 'n besering
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die geliefde sangeres en aktrise, Amanda Strydom, het by ’n gastehuis in Mbombela in Mpumalanga geval en ’n ernstige heupbesering opgedoen.
Sy ontvang tans behandeling in ’n hospitaal in Johannesburg.
Lowvelder berig Strydom moes dus ongelukkig haar vertoning, Tilly/Mathilda, by die Vrystaatse Kunstefees uitstel.
Sy het haar aanhangers op Facebook gerusgestel dat sy goeie behandeling ontvang en al die beterskapwense opreg waardeer.








Comments