Amazon stel 'n satelliet-internetdiens in SA bekend
- Saamgestel deur Ilde Roos
- 3 hours ago
- 1 min read
Amazon gaan ʼn satelliet-internetdiens in Suid-Afrika bekend stel en sodoende ’n mark betree waar mededinger Elon Musk se Starlink steeds sukkel om regulatoriese goedkeuring te kry.
Maroela Media berig die Amerikaanse e-handelsreus se lae-aardwentelbaan-satellietnetwerk, Amazon Leo, het ten doel om internettoegang te verskaf aan klante in gebiede met beperkte of geen internetverbinding nie.
Amazon, wat deur die Amerikaanse miljardêr Jeff Bezos gestig is, sal met die Suid-Afrikaanse internetverskaffer Herotel saamwerk om die nuwe diens, genaamd Evry, aan te bied.
Die diens sal na verwagting in 2027 kommersieel bekend gestel word.




