top of page

Amerika berei glo voor vir aanval op Iran

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 19, 2025
  • 1 min read

Amerika se Pres. Donald Trump het aanvalsplanne teen Iran goedgekeur.

Hy het egter nog nie ‘n finale besluit geneem oor of hy dit gaan deurvoer of nie.

CBS News berig dit is volgens ‘n senior bron in intelligensie en ‘n amptenaar van die Departement van Verdediging.

Die bronne sê glo Trump vertraag nog sy besluit, ingeval Teheran instem om sy kernwapenprogram te laat vaar.

LEES MEER: 

Ander berigte lui dat Amerikaanse amptenare voorberei vir ‘n aanval op Iran in die komende dae.

Die situasie ontwikkel steeds en kan verander, maar die planne kan moontlik die komende naweek al in werking gestel word.

Die Withuis het nie dadelik op ‘n versoek om kommentaar gereageer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page