top of page

Amerika beskuldig die regering van intimidasie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 19, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaanse regering het in ʼn verklaring die Suid-Afrikaanse regering van teistering en intimidasie beskuldig. Dit volg ná ʼn klopjag wat uitgevoer is teen personeellede wat met Afrikaner-vlugtelinge werk.


Die VSA waarsku dat daar ernstige gevolge vir Suid-Afrika gaan wees as die Suid-Afrikaanse regering nie teen diegene wat die klopjag uitgevoer het, optree nie.


Die Suid-Afrikaanse regering ontken ten sterkste dat Amerikaanse personeellede of enige voornemende vlugtelinge leed aangedoen is. Die regering sê die klopjag was slegs bedoel om sewe onwettige Keniaanse burgers vas te trek wat sonder die nodige dokumentasie in die land gewerk het.


FOTO: Pinterest
FOTO: Pinterest

 
 
 

Comments


bottom of page