SA begin diplomatieke gesprekke met die VSA en Kenia
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het diplomatieke gesprekke met die VSA en Kenia begin ná die voorval wat verband hou met ’n Amerikaanse vlugtelingprogram vir Afrikaners.
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Keniaanse burgers het glo onwettig die land binnegekom om aansoeke te verwerk.
Hulle is in hegtenis geneem en gister gedeporteer, in wat hy beskryf as ʼn misbruik van die visumstelsel.
Hy sê geen Amerikaanse amptenare of vlugtelingaansoekers is gearresteer nie.






Comments