Keniane, nie Amerikaanse amptenare, is in aanhouding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Updated: 1 day ago
Die Suid-Afrikaanse regering het sewe Keniane in aanhouding vir die beweerde oortreding van die land se immigrasiewette.
Volgens die Departement van Binnelandse Sake is die sewe vasgetrek terwyl hulle by ‘n sentrum gewerk het waar aansoeke vir vlugtelinge verwerk word.
Die departement het bewerings ontken dat die gearresteerdes Amerikaanse amptenare is wat by ‘n Afrikaner-vlugtelingverwerkingsfasiliteit werksaam was.
Die Keniane het die land met toeristevisums binnegekom en is nie toegelaat om in die land te werk nie.
Volgens die departement het hulle vroeëre aansoeke vir Keniaanse burgers om by die sentrum te werk, geweier.
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê die departement sal die oppergesag van die reg sonder vrees of guns afdwing.






Comments