Amerika eis 'Kill the Boer' moet verwyder word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27, 2025
- 1 min read
Die VSA eis die verwydering van Swart Ekonomiese Bemagtiging, grondonteiening en die “Kill the Boer”-lied.
Dit is onthul deur ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging van Afrikanerleiers wat hierdie week met senior amptenare van die Withuis vergader het.
Newskoop berig volgens die leier van die VF Plus, Corné Mulder, was amptenare van die Withuis bekommerd dat die Suid-Afrikaanse regering nie daarin geslaag het om hierdie voorwaardes voldoende aan te spreek nie.
Mulder het bygevoeg dat die eise voorwaardes is wat deur die VSA gestel is om bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika te herstel.







Comments