top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Amerika moet TikTok uitvee

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 18, 2025
1 min read

Die Amerikaanse Hooggeregshof het ‘n wet bekragtig wat TikTok in die Verenigde State verbied - wat moontlik die video-toep van 170 miljoen gebruikers kan ontneem. CNN berig dié besluit beteken dat die verbod Sondag in werking tree, selfs al het wetgewers en amptenare oor die politieke spektrum gevra vir een of ander vorm van uitstel. Luidens AFP het die hof beslis dat die wet nie die reg op vryheid van spraak skend nie en dat die Amerikaanse regering wettige nasionale veiligheidskwessies oor die Chinese eienaarskap van die toep aangetoon het. Regters in die Hooggeregshof het gesê daar is geen twyfel nie dat TikTok, vir meer as 170 miljoen Amerikaners, ’n unieke en uitgebreide medium vir uitdrukking, betrokkenheid en gemeenskap bied. Maar die Kongres het bepaal dat disinvestering nodig is om nasionale veiligheidskwessies, wat goed deur hulle gestaaf is, te verseker. Ter verduideliking sê hulle dit hou verband met TikTok se data-insamelingspraktyke en verhouding met ’n buitelandste teenstander.

 
 
 

Comments


bottom of page