top of page

Amerika stel ‘n verdoemende verslag oor Suid-Afrika bekend

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 13, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het ʼn verdoemende verslag oor menseregtepraktyke in Suid-Afrika bekend gestel, en die verslag plaas nie die Suid-Afrikaanse regering in die béste lig nie. Volgens Maroela Media verwys die verslag van 21 bladsye na alles: van plaasaanvalle, grondonteiening en die omstrede struggle-lied, ‘Kill the Boer’, tot Paul Mashatile se vermeende blouligboelies. Die Amerikaanse departement bevind in sy verslag dat die menseregtesituasie in Suid-Afrika vanjaar “aansienlik versleg” het. Daar word ook bevind dat die regering nie geloofwaardige stappe gedoen het om amptenare wat menseregteskendings gepleeg het, te ondersoek, te vervolg en te straf nie.

 
 
 

Comments


bottom of page