top of page

Amerika sê Suid-Afrika sal waarskynlik nie meer deel van Agoa wees nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 28
  • 1 min read

Die departement van handel, nywerheid en mededinging het tydens ’n parlementêre portefeuljekomiteesitting gesê daar word verwag dat die hernuwing van Agoa ’n oordrag van huidige Agoa-voordele met bestaande lede sal wees. Dit sal beteken dat Suid-Afrika in die program behoue ​​kan bly.


Maroela Media berig die departement het egter nagelaat om by te voeg dat ’n wetsontwerp wat die teendeel aanbeveel, onlangs by die Amerikaanse senaat se finansiële komitee ingedien is.


Die Amerikaanse senator John Kennedy het einde September ’n nuwe wetsontwerp ingedien om die wet op groei en geleenthede in Afrika (oftewel Agoa) vir twee jaar te verleng, terwyl dit verseker dat die program die Amerikaanse belange ondersteun en China se groeiende invloed in Afrika teenwerk.


Kennedy sê China gebruik Afrika om sy invloed ten koste van Amerika uit te brei, en dat hulle betrekkinge in die streek heroorweeg terwyl hulle handel met Afrikalande wat hul waardes deel, versterk.


Hy voeg by die wetsontwerp maak dus seker dat Agoa vir Amerika se belange werk, nie teen hulle nie.


John Kennedy. FOTO: Britannica
John Kennedy. FOTO: Britannica

Comments


bottom of page